Sonntag, 5. Februar 2012

Stilprent-aktrises



The Artist, 'n stilprent oor die lewe en loopbaan van die akteur George Valentin, is op die oomblik 'n groot treffer in fliekteaters.

Die aktrises wat gedurende die stilprent-era beroemd geraak het, was net so interessant. Hulle was ook die eerste sekssimbole.



Theda Bara - "The Vamp"

Die vampier- en femme fatale-rolle wat sy gespeel het, het haar die bynaam "The Vamp" gegee. Haar beste rolle was as Juliet en Cleopatra, in kostuums wat selfs vir vandag gewaagd is. Theda Bara was basies die moeder van "Goth" en "Emo".


Lyda Borelli - "Borellisimo"

Sy was beroemd vir haar pre-Rafaelitiese voorkoms en kon blykbaar haar lyf tot bo-aardse proporsies verdraai. Vroue het soos sy probeer lyk. Haar mees bekende femme fatale-rol was in Rapsodia Satanica, as 'n ou vrou wat 'n ooreenkoms met die duiwel maak om haar ewige skoonheid te skenk. Geen wonder dat vroue met haar kon identifiseer nie ... 


 Pauline Frederick

My gunsteling. Sy was vyf keer getroud, het 'n verhouding met Clark Gable gehad toe sy oud genoeg was om sy ma te wees. Sy was ook Joan Crawford se rolmodel en inspirasie.


Mae Murray

Haar byname was "The Girl with the Bee-Stung Lips" en "The Gardenia of the Screen". Haar klerestyl het nooit verander nie. Toe sy oud geword het, het sy nog steeds dik lae grimering (veral lipstif), kort rokkies en laehals-toppies gedra.


Louise Brooks

Sy was waarskynlik die mees beroemde stilprent-aktrise en sal altyd onthou word vir haar haarstyl en haar rol in Pandora's Box. Op 14-jarige ouderdom was sy reeds 'n alkoholis. Sy was ook verslaaf aan inkopies doen en moes haarself meer as eenkeer bankrot laat verklaar. Sy het nooit kinders gehad nie en het na haarself as "Barren Brooks" verwys. 



Nita Naldi

Theda Bara se navolger. Sy het bekend geraak vir haar rol in Dr. Jekyll and Mr. Hyde met John Barrymore. Die twee akteurs het nie van mekaar gehou nie en Barrymore het haar "Dumb Duse" genoem.



Lilian Gish

Word beskou as die beste stilprent-aktrise en een van die beste aktrises ooit. Haar fisieke broosheid het groot intensiteit en stamina as aktrise verberg, en sy word steeds as die beste Ophelia in Shakespeare se Hamlet beskou. 


Vera Kholodnaya

Vera Kholodnaya was die eerste beroemde Russiese stilprent-aktrise. Die rol waarvoor sy bekend geraak het, was dié van Anna Karenina. Tydens haar dood was daar stories in omloop dat die Franse ambassadeur met wie sy op daardie tydstip 'n verhouding gehad het, haar vergiftig het omdat hy oortuig geraak het daarvan dat sy 'n spioen vir die Bolsjewieke was. 



Ruan Lingyu

Ruan Lingyu was 'n Chinese stilprent-aktrise, die Greta Garbo van haar land. Sy het op 16 beroemd geraak. Op 24 het sy haarself vergiftig en 'n nota agtergelaat wat gelui het: "Skinderstories is 'n euwel". Tydens haar begrafnis het nog drie vroue selfmoord gepleeg.


Betty Compson

Sy is jonk uit die skool om geld te verdien vir haar familie. Sy het eers die viool gespeel, maar later het sy rolle in stilprente begin kry. Toe sy verveeld geraak het met dié loopbaan, het sy 'n modewinkel in Hollywood Boulevard oopgemaak.


Pina Menichelli

Die mees beroemde Italiaanse stilprent-aktrise en waarskynlik die eerste ster wat die bynaam "diva" gedra het.   


Brigitte Helm

'n Duitse aktrise, bekend vir haar rol in Fritz Lang se Metropolis. Sy het later moeilikheid in Nazi Duitsland opgetel omdat sy met 'n Jood getrou het. Nietemin het Adolf Hitler self daarop aangedring dat 'n aanklag van manslag teen haar laat val moes word nadat sy iemand doodgery het. 






Sonntag, 29. Januar 2012

"420": 'n Boek van stories van net 420 woorde elk



Hierdie stories het op Facebook begin, as 'n uitdaging aan skrywers om met stories van nie meer as 420 woorde nie vorendag te kom.



She trusted grins, they were shot directly from the heart. Whereas smiles, oh smiles could trick, be untrue, do you harm. Mendacious, twisted with bad intentions, like her father's, his mouth turned up at one corner like a beckoning finger, pulling his eye down into a squint.





I read somewhere that Hitler loved dogs, was sentimental, too. Now, I'm a sucker for a hound, and a Charlie Rich song can fog up my glasses, so I started into wondering about myself, you know, like deep down, could I maybe have mass murderer tendencies or something? Then I read he believed in astrology and felt a whole lot better, cause I'm a good Baptist. And also, I'm a Virgo, and we are very focused in our beliefs.




I'm alone on deck, sharing a smoke with myself. There's no moon but the stars are a city in the sky and I can see for miles. A last puff and I flick the cigarette over the rail and watch it spin in the wake, succumb. I raise my eyes and catch a dimple at the horizon, where the sea tucks itself under the sky. It's home, half a pack away.




His chute failed to open and as he fell he struck a pigeon, pinning it against his chest as they rushed toward the ground in tandem. He felt the pigeon's heart beating against his own. He closed his eyes and imagined he had two hearts, one outside his body and one inside, beating like a train.




I had an idea that lasted more than four hours. I called my doctor. He said it should be removed. I said that's a good idea. He said: "Which? Your idea or the removal?" I said: "I have no idea." He said: "Fine, then we'll bill your insurance."



 
A bird lives on my head, nests in my hair, pecks at my scalp. A finch, I believe. When I go out in public I cover it with a hat, so it's away from prying eyes and cats who would climb my body to catch it. Sometimes on the bus I notice others wearing hats and if there are seeds or an errant feather on their shoulders, I nod and smile and preen.





After she fled he became his own wife, ironing in his underwear, dusting the shelves, moving the figurines to the dining room table then replacing them carefully when he'd finished waxing the cabinet. Wearing her apron he often made casseroles. Sometimes he'd sit on her closet floor and move his face through her dresses, like a dog searching in a field of high grass.




Humanity services came around today. They checked on the size of our bed, the quantity of cans in the pantry, the amount of stretch in your panties. I wasn't home at the time, it was my shift at The Mill, and you were at work, but Angie let them in. They inspected her hair and teeth, measured Buddy's doghouse. Angie said they were polite. She offered them a glass of water but after testing our faucet, they declined.




Vera "Wooly" Lamb, dressed like a man and could out-cuss, out-shoot and out-drink anyone in pants, Little Rock, 1922. Her saloon, the Gilded Rose, offered games of chance and some local talent, girls from farms and factories tired of dirty work. Wooly kept a single shot derringer tucked away on her person in a strategic spot hidden and moist, the humidity finally rendering the gun inoperative at a crucial moment.




The orchard reminds me of Christmas, the trees hung with shiny round fruit. Pawel and I walk the long rows, remark on squirrels and birds we see, the bees. He tells of his father, found face down in a creek nearby, arm broken, foot caught in a root. "What happened?" I say. "He wished for a better life." A jet flies overhead and Pawel falls to the ground, twists his leg beneath him, screams. "What happened?" I say.

Mittwoch, 25. Januar 2012

Net 'n titel?

'n Paar boeke wat amper nie was wat hulle vandag is nie ...




Titels voor publikasie:


Trimalchio in West Egg
Among Ash-Heaps and Millionaires
On the Road to West Egg
Under the Red, White and Blue
The High-Bouncing Lover
Gold-Hatted Gatsby




Titel voor publikasie:


The Last Man in Europe




Titel voor publikasie:


The Strike




Titel voor publikasie:


The Dead Un-Dead





Titels voor publikasie:


Catch-11
Catch-18




Titel voor publikasie:


Atticus




Titel voor publikasie:


First

Mittwoch, 18. Januar 2012

Christian Tagliavini: "1503"



Christian Tagliavini is 'n grafiese kunstenaar en fotograaf wat in Lugano (Switserland) woon. Sy inspirasie vir "1503" was die Renaissance, en hy het al die modelle se klere self ontwerp en gemaak. 































Sonntag, 11. Dezember 2011

Die gekrabbel van skrywers

Niemand met 'n pen of potlood in sy hand kan leë spasies op papier weerstaan nie. Só lyk die gekrabbel van 'n paar beroemde skrywers. 



Sylvia Plath

Haar dagboeke is volgekrabbel met klein illustrasies van haar lewe en die drome wat sy gedroom het ... in hierdie een skynbaar dat 'n worsbroodjie en 'n malvalekker haar jaag. 



 
David Foster Wallace

'n Bril en vampiertande op Cormac McCarthy (outeur van "The Road") se gesig.

 

 
Vladimir Nabokov

Nota's en gekrabbel op 'n bladsy van sy kopie van "The Metamorphosis" deur Kafka. 

 

Franz Kafka

Party van hierdie tekeninge verskyn ook in sy boeke. Die eerste een van die man by die lessenaar som sy werk goed op.

 

 
Samuel Beckett

Gekrabbel op sy nota's vir "Watt". 

 


 
Allen Ginsberg

Wanneer hy sy digbundels vir mense geteken het, het hy dit deeglik gedoen.

 

 
Mark Twain

Dit lyk asof sy gekrabbel vir sy drukker bedoel is ... "to save the space usually devoted to explanations of the state of weather in books of this kind". Ek wonder wat dit beteken. Het hy sowaar tekeninge gebruik om homself beskrywings van die weer in sy boeke te spaar? Seker nie; ek het nog nie genoeg van sy werk gelees om te weet nie, maar dit is hoe ek wil werk. 'n Tekening van 'n son of 'n wolkie aan die begin van 'n hoofstuk en daar gaan jy.


 



Henry Miller

Hy het hierdie tekeninge gekrabbel terwyl hy deur 'n fase van akute slapeloosheid gegaan het.





Kurt Vonnegut




Jorge Luis Borges

Toe hy nog kon sien ...
 



Jorge Luis Borges

'n Selfportret nadat hy blind geraak het.