Montag, 31. Oktober 2011

13 Vreemde leestekens ...



'n Kappie wanneer dit op letters sit, maar wanneer dit gebruik word om aan te dui dat 'n woord/woorde in 'n teks ontbreek, staan dit bekend as 'n wig.



Word gebruik vir goed soos differensiaalrekening en die algebra van Boole - wat so vrek moeilik is dat niemand ooit tyd gehad het om die teken 'n naam te gee nie.


Die Hedera. Latyns vir klimop plant. Eens op 'n tyd gebruik om spasies tussen paragrawe aan te dui. Die teken het waarskynlik in ongebruik verval omdat nie almal van ons met 'n talent vir kuns geseën is nie. 


'n Kombinasie van die uitroep- en vraagteken. Dit bestaan regtig en ek veronderstel dit was eens op 'n tyd die ekwivalent van sekere uitdrukkings in internet-taal. Soos bv.: OMGWTF?!



Dié een sien mens nog. Word gebruik om spasies tussen paragrawe aan te dui. Dit staan bekend as die Blinde P. (Pilcrow in Engels.)


Die vraagteken-komma. Vir wanneer jy in die middel van die sin 'n vraag vra. 


Die uitroep-komma. Boetie van bogenoemde.



Die "driester". Om 'n mini-breuk in teks aan te dui. Word ook gebruik waar 'n teks se titel ontbreek. 


Solidus. Nie die gewone skuinsstreep nie. Dit word ook 'n "sjillingteken" genoem. In die dae voor desimalisasie is die Solidus gebruik om die verskillende geldwaardes (soos bv. Britse ponde, sjillings, pennies ens.) aan te dui. 



Die een op links staan bekend as 'n obelisk en die een op regs is 'n Diesis. Albei tekens simboliseer 'n werpspies en word gebruik om aan te dui waar woorde/sinne in 'n teks uitgesny moet word. Dit word veral in vertaling gebruik, en soms ook vir voetnota's.


Guillemets. Beteken letterlik "klein Willempies". Die leesteken is vernoem na 'n sestiende-eeuse Franse boekdrukker. Word in party tale as aanhalingstekens gebruik. 


My gunsteling. Die leesteken wat "daarom" beteken. As jy dit egter omkeer, beteken dit "omdat". 


Die perkontasie-punt. Staan ook bekend as die ironie-punt. Dit dui dubbelsinnigheid aan, gewoonlik in 'n sarkastiese of ironiese sin. Ek veronderstel slim mense gebruik dit om dom mense nog dommer te laat voel.



Keine Kommentare:

Kommentar veröffentlichen