Dienstag, 15. November 2011

8 Ongelooflike duur boeke


1) The Tales of Beedle the Bard, J.K. Rowling
$3,980,000

Die handgeskrewe en -geïllustreerde weergawe van 'n boek deur J.K. Rowling (Harry Potter) wat in 2008 in sagteband uitgegee is. Die outrise het 6 eksemplare vir haar uitgewers en vriende persent gegee, maar toe dit by 'n openbare verkoping deur Amazon onder die hammer gekom het, het dit vir 'n hoër bedrag as enige ander moderne manukrip verkoop. 



2) Die Gutenberg Bybel
$25,000,000

Al was hy nie die eerste een om teks te druk nie, het Johannes Gutenberg se sukses daarmee om veelvuldige afskrifte van gedrukte teks te maak tot die massaproduksie van boeke gelei. Daar bestaan tans 21 afskrifte van die Gutenberg Bybel. Die laaste keer wat een verkoop is, was in 1978.
 


3) Birds of America, John James Audubon
$11,000,000

'n Boek van lewensgroot "portrette" van uitgestorwe watervoëls. 



 
4) First Folio, William Shakespeare
$5,100,000

Hoewel werke soos The Two Noble Kinsmen, ganse paragrawe uit Hamlet en die twee "lost plays" weggelaat is uit hierdie eerste versamelde werke van Shakespeare, is dit een van die mees waardevolle boeke op aarde. Toe dit aanvanklik uitgegee is, het dit net een pond gekos. 
 
 

5) Action Comics Nr. 1
$1,500,000

Superman se 1938 debuut - die storie van hoe hy op die aarde beland het.

 


6) Tamerlane, Edgar Allan Poe
$662,500

Lyk miskien nie indrukwekkend nie ... en is dit ook nie. Party boeke neem toe in waarde a.g.v. rariteit, idiosinkrasie of omdat dit 'n swak werk deur 'n beroemde skrywer is. Dit is hoe sake staan met hierdie boek. Die lesers en resensente het dit gehaat, maar dit het nietemin toegeneem in waarde omdat die outeursreël aan die binnekant in plaas van die outeur se naam, om een of ander rede lui: "By a Bostonian".




7) 'n Boek van "kosmologie" deur Ptolemeus
$4,000,000

Die rede hoekom hierdie boek so waardevol is, is respek vir die tegnologie wat dit in 1477 moontlik gemaak het om die kaarte te ets. En natuurlik omdat Ptolemeus (beroemde Griekse geograaf/wiskundige) die een is wat dit reggekry het. Slegs twee afskrifte is tans in private hande.
 
 

8) Leonardo da Vince se "kodeks"
$44,000,000

Da Vince se nota's, idees en teorieë is die mees waardevolle boek van alle tye. 


Keine Kommentare:

Kommentar veröffentlichen