Montag, 28. November 2011

Die moeilikste tema om oor te skryf: SEKS

Seks is 'n tema waarmee so baie skrywers kleitrap dat die Literary Review tydskrif elke jaar 'n toekenning gee vir SWAK SEKS in nie-erotiese literatuur. Die seremonie vind hierdie jaar op 6 Desember plaas en die twaalf blosende kandidate sluit in: Stephen King, Haruki Murakami, James Frey en Lee Child. 




Stephen King:

She was wearing jeans. The fabric whispered under my palm. She leaned back and her head bonked on the door. 'Ouch!' I said. 'Are you alright?' 




David Guterson:

In the shower, Ed stood with his hands at the back of his head, like someone just arrested, while she abused him with a bar of soap.




Haruki Murakami:
 
Her breasts seemed to be virtually uninfluenced by the force of gravity, the nipples turned beautifully upward, like a vine's new tendrils seeking sunlight.




Lee Child:

Faster, harder, faster, harder. The room began to shake. Just faintly at first, like a mild constant tremor, like the edge of a far distant earthquake. The French door trembled in its frame. A glass rattled on the bathroom shelf. The floor quivered. The hall door creaked and shuttered. My shoes hopped and moved. The bedhead hammered against the wall. The floor shook hard. The walls boomed. Coins in my abandoned pocket tinkled.

Wys jou ...

2 Kommentare:

  1. O, genade, Isa! Hoe gril ek nou al giggelende. Ek het die hele aanhaling van Murakami op 'n ander blad gelees. Dis verby gross en nog swak skryfwerk (of dalk vertaalwerk?) ook. Dankie tog vir skrywers soos jy wat liefde met soveel teerheid en sensualiteit kan uitbeeld soos veral in Die Ondenkbare.

    AntwortenLöschen
  2. Ek weet, die res van daardie aanhaling is afgryslik, ek het so gelag. Ek het simpatie met hulle, dit is so, so moeilik om sekstonele te skryf. Ek het 'n heilige ontsag daarvoor. Aan die anderkant kry ek die gevoel dat daar in Engelse literatuur stadigaan 'n tendensie begin posvat dat skrywers "dom" skryf omdat dit die wêreld is waarin ons vandag lewe. Dink aan realiteit TV en al die twak wat mense soos soetkoek opeet. Gee hulle wat hulle wil hê, soveel hulle wil hê. Dit is soos om met 'n plank oor die kop geslaan te word. Of in hierdie geval, 'n dildo. Ons is gelukkig om in Afrikaans te kan skryf, wat op die oomblik 'n "upswing" beleef. Die lesers is slim, hulle het hoë verwagtinge en jy weet self hoe ons aan ons manuskripte moet swoeg voor daar kontrakte geteken word. Die oorskrywery en regmaak is so, so die moeite werd. Ek maak eerder 'n krater van myself vóór die boek op die rak kom. Dit is hoekom ek ook glad nie hou van die idee dat outeurs hul eie werk begin publiseer nie. Asof hulle nie uitgewers nodig het nie? Eerlikwaar. Selfs die beste skrywers trap klei, mens kan absoluut nié op jou eie oordeelsvermoë staatmaak nie. Al wat ek weet is, ek sal nooit net agter 'n naam aan kan lees nie. As werk nie goed is nie, is dit nie goed nie, al het wie dit geskryf.

    AntwortenLöschen