Mittwoch, 9. November 2011

Miniatuur Brontë manuskrip



Charlotte Brontë





Charlotte Brontë het as kind haar stories in die vorm van piepklein tydskrifte - omtrent so groot soos 'n kredietkaart - geskryf. Die een hierbo is 'n storie van 4,000 woorde wat sy in 1830 geskryf het, toe sy 14 jaar oud was. Die storie bevat tonele wat sterk ooreenkom met tonele in Jane Eyre, die roman wat haar 17 jaar later beroemd gemaak het. 




Die waarde van die manuskrip word vandag op £300,000 geskat. Wens ek kon dit bekostig.





Keine Kommentare:

Kommentar veröffentlichen